Navorsingshoogtepunte

Erkenning en navorsingshoogtepunte (2019 tot 2023)

Alhoewel die navorsingsaktiwiteite van MUSA  relevant vir Suid-Afrika is, is dit ook relevant vir die groter Suider-Afrika streek, sowel as wêreldwyd.

  • Die Bill & Melinda Gates-stigting het prof N.V. Motaze genooi na die DAC (design, analyse, communicate)-byeenkoms wat op 20-22 Junie 2023 in Seattle gehou is. Dit is ʼn opleidingsgeleentheid om navorsingsprotokolle  vir die Stigting te evalueer.
  • MUSA was goed verteenwoordig by die Internasionale Vereniging vir Farmako-epidemiologie (ISPE) AfRIG Streeksbelangegroepkonferensie in Kaapstad  (5-9 Junie 2023). Prof J.R. Burger was ʼn lid van die Plaaslike Reëlingskomitee en die Wetenskaplike Komitee. Prof N.V. Motaze was betrokke by ʼn pre-konferensiewerkswinkel. Prof Burger was ʼn mede-aanbieder in ʼn simposium oor ‘Real World Evidence’ . Daar was ses voordragte (3 podiums en 3 plakkate) van nagraadse studente.
  • Globaal is prof J.R. Burger ʼn lid van die Global Drug Utilization Data Working Group van die Europese Afdeling van die Special Interest Group of Drug Utilisation Research (SIGDUR) (2015-2022), en het saamgewerk met navorsers van Swede, Brasilië, Australië, Nederland, die Verenigde Koninkryk, België, Hongarye en die VSA om die Glasgow-verklaring van 2016 te verbeter en ʼn verspreidingstrategie te ontwikkel.
  • Prof J.R. Burger is ook die Suider-Afrikaanse streeks-medeleier (2019-2022) van die Internasionale Vereniging vir Farmako-epidemiologie in Afrika. 
  • Prof J.R. Burger, Prof M.S. Lubbe, en dr R. Joubert is lede van die Medicines Utilisation Research in Africa (MURIA) Group (2015-2022) en werk saam met navorsers van 14 Afrikalande, die VK, Australië, en die VSA aan medisyneverbruikssnavorsing.
  • Prof N.V. Motaze is aangestel as ʼn navorsingsgenoot in SACEMA, ʼn DWI-NNS Sentrum van Uitnemendheid in Epidemiologiese Modellering en Analise aan die Universiteit van Stellenbosch. (2022).
  • Prof N.V. Motaze is nie net ʼn konsultant-epidemioloog vir die Hoof van die WGO (2022) nie, maar is ook aangestel as ʼn lid van die Onafhanklike Hersieningskomitee vir die Globale Allianse vir Vaksines en Immunisering (GAV) gebaseer in Switserland (2022/2023). Hy is ook ʼn gasredakteur van ʼn spesiale uitgawe wat in 2023 gepubliseer is oor “Gesondheidsprioriteite en Covid-19”  in die joernaal, Healthcare (ISSN 2227-9032).
  • Mev H. Steyn het in 2023 ʼn NWU-toekenning vir Onderriguitnemendheid vir onderrig met IKT (Inligtingskommunikasietegnologie) ontvang
  • In 2019 het MUSA die 5de Training workshop en Simposium van die MURIA-groep, in samewerking met die Internasionale Vereniging vir Farmako-epidemiologie (ISPE), in Potchefstroom aangebied (van 7-12 Julie 2019). Die blootstelling en interaksie van MUSA-navorsers met internasionale leiers in farmako-epidemiologie en farmakowaaksaamheid, was hoogtepunt van die simposium.
  • Prof M.S. Lubbe het ʼn Sertifikaat van Erkenning van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe ontvang vir die belangrikste bydrae tot gemeenskapsbetrokkenheid in navorsing vir 2020.
  • Prof M.S. Lubbe is in 2019, in ʼn SAAR-taakspan aangestel wat onder ander volgende ondersoek: i) Die huidige graderingstelsel vir geregistreerde apteke in Suid-Afrika op grond van voldoening aan die Goeie Apteekpraktyk-standaarde, ii) die eienaarskap van gemeenskapsapteke, en iii) die evaluering van die Aptekersinternskapprogram in Suid-Afrika. Gevolglik is ʼn Diensvlakooreenkoms in dieselfde jaar tussen die SAAR en MUSA onderteken.
  • Prof M.S. Lubbe se NNS-gradering is in 2018/2019 opgegradeer van C3 na C2, terwyl prof J.R. Burger in 2020 ʼn C3 NNS-gradering ontvang het.