Sielkunde (Psigologie)

 

 

 

 

Psychology

 

Wat is Sielkunde?

Sielkunde is die studie van menslike gedrag, kognisie en emosie.

Die kurrikula aangebied deur die NWU bestaan uit 'n vaste samestelling van modules wat fokus op Sielkunde as hoofvak. By die samestelling van die kurrikula, is loopbaangeleenthede en die mannekragbehoeftes van ons land in ag geneem.

Hierdie kurrikula berei die student voor vir nagraadse studie in Sielkunde.

Loopbaangeleenthede in Sielkunde

Daar word tans ses registrasiekategorieë deur die HPCSA erken:

  • Kliniese Sielkunde
  • Voorligtingsielkunde
  • Navorsingsielkunde
  • Bedryfsielkunde
  • Opvoedkundige Sielkunde
  • Neuropsigologie

Die NWU Departement Sielkunde bied professionele opleiding in Kliniese, Voorligting- en Navorsingsielkunde.    

Magister in Gesondheidswetenskappe in Kliniese en Voorligtingsielkunde

Toelatingsvereistes

Universiteitstoelating vir voorgraadse studie vereis:

Raadpleeg die toelatingsvereistes op die beskikbare infografika.

Wyse en aanbieding van kwalifikasies

Algemeen:

3 jaar voorgraadse kwalifikasie

Kwalifikasies beskikbaar: Daar is slegs vyf in Gesondheidswetenskappe.

  • Baccalaureus Gesondheidswetenskappe met Fisiologie & Psigologie (PK)
  • Baccalaureus Artium in Gedragswetenskappe met Psigologie en Aarbeidsverhoudingebestuur (PK/VK)
  • Baccalaureus Artium met Psigologie en Geografie en Omgewingsbestuur (PK)
  • Baccalaureus Artiummet Psigologie en Toerismebestuur (PK)
  • Baccalaureus Sosialewetenskappe met Psigologie (MK)

Baccalaureus in Gesondheidswetenskappe Honneurs in Sielkunde

Aansoeke open 1 April 2024 en sluit 31 Augustus 2023.

Let wel:

  • Alhoewel aansoeke geopen het, beveel ons aan dat jy slegs aansoek doen wanneer jou eerste semester derdejaar-punte beskikbaar is en op jou akademiese rekord verskyn. Jou aansoek sal onvolledig wees sonder hierdie punte.
  • Onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie.
  • Lees asseblief die inligtingsbrief noukeurig deur voordat jy met die aansoekproses begin.
  • Maak asseblief seker dat jy stap 1 en stap 2 van die aansoekproses voltooi, soos dit in die inligtingsbrief verduidelik word.

Magister van Gesondheidswetenskappe in Navorsingsielkunde