Oor ons

Welkom by die Skool vir Psigososiale Gesondheid:

Die Skool vir Psigososiale Gesondheid bestaan uit twee vakgroepe, Sielkunde (Psigologie) en Maatskaplike Werk.

 

Die skool beskik oor die volgende kundigheid:

  • Die ontwikkeling van 'n kultuursensitiewe navorsingsmetode – die Mmogo™-metode.
  • Die Tomatis-metode toegepas in 'n kliniese konteks en navorsing aan die Instituut vir Sielkunde en Welstand (ISW).
  • Die ontwikkeling en implementering van bemagtigende programme vir 'n uitgebreide spektrum van deelnemers, bv. mense wat met MIV/VIGS saamleef, sterwendes en diegene wat iemand aan die dood afgestaan het en bejaardes.
  • Forensiese Maatskaplike Werk en kinderbeskerming.
  • Positiewe Sielkunde en die sterktes perspektief op menslike welstand.

 

Studierigtings:

Sielkunde (Psigologie)
  • Klinies/ Voorligting/ Navorsingsielkunde
Maatskaplike Werk 
  • Forensiese Praktyk 
  • Kinderbeskerming