Geneesmiddelontdekking

Die kundigheid van hierdie subprogram se lede lê op die gebied van organiese sintese, struktuuropklaring, biochemiese sifting, molekulêre modellering en eienskapbepaling.

Navorsingsonderwerpe

  • Chemiese verbindings van belang te ontwerp, sintetiseer en te karakteriseer;
  • Die aktiwiteite van die verbindings by geselekteerde biochemiese teikens te evalueer; en
  • Geselekteerde strukturele, fisies-chemiese, biochemiese en farmakokinetiese eienskappe van die verbindings te evalueer.

 

NAGRAADSE PROGRAMME


Magister Scientiae (MSc) Farmaseutiese Chemie

Programkode:      8DE N01
Kurrikulumkode:  G801P
Modulekode:        FCHG 871 [Farmaseutiese Chemie]


Die minimum duur van die studie is een jaar en die maksimum duur is twee jaar, bereken vanaf die datum van eerste registrasie vir die betrokke program. Die fakulteit se besluit is gebaseer op die subsidiemodel vir universiteite en mag verskil van ander fakulteite of regulasies.
Alhoewel ‘n maksimum akademiese tydperk van twee jaar deur die Fakulteit vergun word moet studente wie aansoek doen vir ‘n verlengde studietydperk van drie jaar volgens die Akademiese reëls van die Universiteit kennis neem dat dit verswarende finansiële verpligting inhou.
Die MSc graad in Farmaseutiese Chemie is ‘n navorsingsgebaseerde graad en bestaan uit ‘n navorsingsprojek en die skryf van ‘n verhandeling in Farmaseutiese Chemie. Die doel van die kurrikulum is om in Suid-Afrika se behoefte te voorsien aan hoë-vlak mensekapitaal in die Aptekersprofessie. Die student sal hom/haar onderskei as ‘n spesialis in sy/haar gekose veld en sal bevoeg wees om navorsingsmetodologie op hierdie vlak en in die betrokke veld van studie toe te pas.

Die kurrikulum word op ‘n voltydse basis in Afrikaans en Engels aangebied.

Toelatingsvereistes:

  • ʼn Student wat van voorneme is om vir ʼn meestersgraad in te skryf, moet reeds ʼn honneursgraad of gelykwaardige kwalifikasie soos goedgekeur deur die Senaat, in ʼn toepaslike veld verwerf het.
  • ‘n Vierjarige BPharm graad of ‘n BSc (Farm) graad en ‘n toepaslike honneursgraad met Chemie tot op ten minste derdejaarsvlak, of ‘n kwalifikasie wat deur die Senaat as gelykwaardig beskou word. In  al die voorafgaande gevalle sal addisionele kursuswerk vereis word soos deur die subprogramleier bepaal word.
  • Studente wat nie oor ‘n BPharm graad beskik nie sal op grond van voorafgaande leer oorweeg word.
  • 60% slaagvereiste word vereis vir modules in die eerste semester van die finale jaar in die BPharm graad.
  • Keuring behels die indien van ‘n formele aansoek, in interne keuringsaansoek en curriculum vitae deur die applikant asook ‘n moontlike onderhoud deur subprogramleier en navorsers.

 

Philosophiae Doctor (PhD) Farmaseutiese Chemie

Programkode:      8CC R01
Kurrikulumkode:  G901P
Modulekode:        FCHG 971 [Farmaseutiese Chemie]
Die minimum duur van die studie is twee jaar en die maksimum duur is drie jaar, bereken vanaf die datum van eerste registrasie vir die betrokke program.  Die fakulteit se besluit is gebaseer op die subsidiemodel vir universiteite en mag verskil van ander fakulteite of regulasies.
Alhoewel ‘n maksimum akademiese tydperk van drie jaar deur die Fakulteit vergun word moet studente wie aansoek doen vir verlengde studietydperk  van vier jaar volgens die Akademiese reëls van die Universiteit kennis neem dat dit verswarende finansiële verpligting inhou vir studente.
 
Toelatingsvereistes:
  • ‘n Meestersgraad of gelykwaardige kwalifiikasie soos deur die Senaat goedgekeur in die bepaalde spesialisveld.
  • Keuring behels die indien van ‘n formele aansoek en curriculum vitae deur die applikant asook ‘n moontlike onderhoud deur die subprogram leier en navorsers. t.
  • Toelating kan geweier word indien die standaard van bewaamheid wat die student tevore in die betrokke vak(ke) bereik het en waarin die student verder wil studeer, nie aan die program-/kurrikulumvereistes voldoen nie.
  • In die geval waar ‘n student toegelaat word om ‘n proefskrif in die vorm van navorsingsartikels aan te bied, geld die bepalings van die Algemene reëls.