Geneesmiddelaflewering

Die lede van hierdie subprogram doen navorsing oor geneesmiddelaflewerings­prosesse oor biologiese membrane heen ten einde meer pasiënt-doeltreffende geneesmiddels te verskaf, en oor die ontwikkeling van nuwe kostedoeltreffende geneesmiddelafleweringstelsels.

Navorsingsonderwerpe:

  • Optimale fisies-chemiese eienskappe vir ’n aktiewe farmaseutiese bestanddeel (AFB) om effektief, stabiel en van die hoogste gehalte te wees om as ’n geneesmiddelentiteit afgelewer te word.
  • Ondersoek van vastetoestand-eienskappe van AFB’s en toepassing van hierdie beginsels op die ontwerp, ontwikkeling, vervaardiging en gehalte van geneesmiddelafleweringstelsels.
  • Fisies-chemiese determinante van dermale aflewering.
  • Behandeling van velsiektes by MIV/vigs-pasiënte.
  • Verbeterde dermale aflewering van geneesmiddels, sowel as kosmetiese aktiewe.
  • Verbeterde aflewering van geneesmiddels vir die behandeling van MIV/vigs, tuberkulose en malaria met behulp van Pheroid™-tegnologie.
  • Optimalisering van die formulering van orale, transdermale, nasale en topikale produkte.

NAGRAADSE PROGAMME

Magister Scientiae (MSc) Farmaseutika

Programkode:      8DG N01
Kurrikulumkode:   G801P
Modulekode:        FMSG 871 [Farmaseutika]
Die minimum duur van die studie is een jaar en die maksimum duur is twee jaar, bereken vanaf die datum van eerste registrasie vir die betrokke program. Die fakulteit se besluit is gebaseer op die subsidiemodel vir universiteite en mag verskil van ander fakulteite of regulasies.
Alhoewel ‘n maksimum akademiese tydperk van twee jaar deur die Fakulteit vergun word moet studente wie aansoek doen vir ‘n verlengde studietydperk van drie jaar volgens die Akademiese reëls van die Universiteit kennis neem dat dit verswarende finansiële verpligting inhou.
Die MSc graad in Farmaseutika is ‘n navorsingsgebaseerde graad en bestaan uit ‘n navorsingsprojek en die skryf van ‘n verhandeling oor ‘n onderwerp binne die Farmaseutiese veld . Die doel van die kurrikulum is om in Suid-Afrika se behoefte te voorsien aan hoë-vlak mensekapitaal in die Aptekersprofessie. Die student sal hom/haar onderskei as ‘n spesialis in sy/haar betrokke gekose veld (program) en sal bevoeg wees om navorsingsmetodologie op die vlak en in die betrokke veld van studie toe te pas.
Die kurrikulum word op ‘n voltydse basis in Afrikaans en Engels aangebied.
Toelatingsvereistes:
  • ‘n Vierjarige BPharm graad of ‘n BSc(Farm) graad met ‘n toepaslike honneursgraad of ‘n kwalifikasie wat deur die Senaat as gelykwaardig beskou word. In al die bogenoemde gevalle sal addisionele kursuswerk vereis word soos deur die spesifieke subprogramleier bepaal.
  • Keuring behels die indien van ʼn formele aansoekvorm, ‘n interne seleksievorm en curriculum vitae deur die applikant asook ʼn moontlike onderhoud deur die subprogramleier en navorsers.
  • 60% word vereis vir modules gedurende die eerste semester in die vierde jaar BPharm studie.
  • Die navorsingsdirekteur kan toelating tot ‘n kurrikulum weier indien die standaard van bewaamheid wat die student tevore in die betrokke vak(ke) waarin hy/sy verder wil studeer bereik het, nie aan die betrokke kurrikulumvereistes voldoen nie.

Philosophiae Doctor (PhD) Farmaseutika

Programkode:      8CC R02
Kurrikulumkode:   G901P
Modulekode:        FMSG 971 [Farmaseutika]
Die minimum duur van die studie is twee jaar en die maksimum duur is drie jaar, bereken vanaf die datum van eerste registrasie vir die betrokke program.  Die fakulteit se besluit is gebaseer op die subsidiemodel vir universiteite en mag verskil van ander fakulteite of regulasies.
Alhoewel ‘n maksimum akademiese tydperk van drie jaar deur die Fakulteit vergun word moet studente wie aansoek doen vir verlengde studietydperk  van vier jaar volgens die Akademiese reëls van die Universiteit kennis neem dat dit verswarende finansiële verpligting inhou vir studente.
Die PhD is ‘n navorsingsgebaseerde graad en bestaan uit ‘n studie (navorsingsprojek) en ‘n proefskrif in Farmaseutika.
Die kurrikulum word op ‘n voltydse basis in Afrikaans en Engels aangebied.

Die doel van die hierdie kurrikulum is tweeledig, naamlik:

  • eerstens om die student wat reeds die vlak van ‘n meestersgraad in die farmaseutiese wetenskappe en praktyk bereik het, om deur ‘n doktorale proefskrif te toon dat hy/sy ‘n betekenisvolle bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van (1) nuwe wetenskaplike kennis en/of (2) nuwe vaardighede in ‘n bepaalde navorsingsveld en sodoende ‘n waardetoevoeging gemaak het tot die gemeenskap in die velde van kennis en vaardighede in sy/haar betrokke veld; en
  • tweedens om Suid-Afrika te voorsien van gevorderde farmaseutiese wetenskaplikes en praktiserende mensekapitaal met gevorderde teoretiese en praktiese kennis in verskillende farmaseuties-wetenskaplike en praktyk dissiplines. Deur hierdie kwalifikasie dra die student by tot verbreeding van die leierskapsbasis vir innoverende en kennis-gebaseerde ekonomiese en skolastiese aktiwiteite in die land.T
Toelatingsvereistes:
  • ‘n Meestersgraad of gelykwaardige kwalifiikasie soos deur die Senaat goedgekeur in die bepaalde spesialisveld.
  • Keuring behels die indien van ‘n formele aansoek en curriculum vitae deur die applikant asook ‘n moontlike onderhoud deur die subprogram leier en navorsers.
  • Toelating kan geweier word indien die standaard van bewaamheid wat die student tevore in die betrokke vak(ke) bereik het en waarin die student verder wil studeer, nie aan die program-/kurrikulumvereistes voldoen nie.
  • In die geval waar ‘n student toegelaat word om ‘n proefskrif in die vorm van navorsingsartikels aan te bied, geld die bepalings van die Algemene reëls.

 

PGDip (Cosmetic Product Formulation)

Postgraduate Diploma in Cosmetic Product Formulation
Programme code: 8DQ D01
Curriculum code:  G501P
Module codes:      PFCP511 [Cosmetic science, research, development & manufacturing]
                              PFCP512 [Formulation of personal care products]
                              PFCP513 [Formulation of skin care products]
                              PFCP521 [Formulation of sun care products]
                              PFCP522 [Formulation of fragrance products]
                              PFCP523 [Formulating hair care porducts:  shampoos and conditioners]
                              PFCP524 [Formulating chemical hair care processing products]
                              PFCP525 [Formulating colour cosmetic products]
The minimum duration of the study is one year. It is a part time postgraduate diploma course. The study consists of eight modules of course work and two formal, compulsory contact sessions of one week each.

Admission requirements: A BPharm or BSc in Chemistry, Physics, Biochemistry, Botany, Medical Sciences, Microbiology, Physiology or Zoology.  Chemistry I is a prerequisite. BSc graduates must have at least one year cosmetic formulation experience.