CIR kantoor

Oorsig

Ons organiseer alle geïntegreerde veldnavorsingsverwante aktiwiteite tussen interne en eksterne belangegroepe met behulp van samewerking en projekbestuur sagteware (WRIKE) wat gebruik maak van die virtuele ruimte. Die CIR-span bied logistieke ondersteuning, bemiddeling deur gemeenskaptoetrede en die opleiding van veldwerkers. Daarmee saam word alle aktiwiteite in die CIR-databasis vervat om die deurgaanse monitering en evaluering van alle gemeenskapsgeïntegreerde navorsingsaktiwiteite moontlik te maak.

 

Die CIR-kantoor bestuur verder alle opkomende werkswinkels en konsultasiedienste. Dit sluit in:

  • AUTHeR se Kwalitatiewe Navorsingswerkswinkel-reeks. 
  • ATLAS.ti werkswinkels.
  • Individuele konsultasies vir kwalitatiewe navorsingsmetodologie en gemeenskapsgeïntegreerde navorsing.

 

Die span

Dr Christi Niesing – Akademiese bestuurder

Me Joyce Matsietso – CIR bestuur en WRIKE ondersteuning

Me Mildred Thomas – Veldnavorsing

Mnr Müller Spies - Monitering & Evaluering

Me Karlien Smit - Implementering van kundigheid

Mnr Kumbewe Liwewe - Tegniese ondersteuning

 

Volg asb die skakel na versoek vorms.

 

Vir verdere inligting, kontak Me Joyce Matsietso.