MHSc in Transdissiplinêre Gesondheidsbevordering

 

Daar is ’n toenemende behoefte dat gesondheidswerkers gesondheidsprobleme op innoverende maniere moet kan oplos soos die wêreld van gesondheid meer kompleks raak. Die uniekheid van die MHSc in Transdissiplinêre Gesondheidsbevordering is dat gesondheidswerkers in staat gestel word om wyer as hulle eie dissipline te dink en dat hulle leer om as ’n kundige in hulle dissipline binne ’n transdissiplinêre span te werk om gesondheid holisties te bevorder.

 

Die doel van die MHSc in Transdissiplinêre Gesondheidsbevordering:

Gesondheidswerkers wat die kwalifikasie MHSc in Transdissiplinêre Gesondheidsbevordering verwerf sal met gevorderde intellektuele en praktiese vaardighede binne komplekse en swak gedefinieerde areas van gesondheid kan werk. Die program lei nie tot ’n bykomstige professionele kwalifikasie nie. Dit stel gesondheidswerkers uit verskeie dissiplines in staat om gesondheid te bevorder met ’n spanbenadering en om gemeenskappe te help om beheer te neem van, en verantwoordelikheid te neem vir hulle eie gesondheid. Gesondheidswerkers sal in staat wees om op te tree as leiers, konsultante, opvoedkundiges, spesialis praktisyns en navorsers in transdissiplinêre gesondheidsbevordering. Die MHSc in Transdissiplinêre Gesondheidsbevordering bied aan gesondheidswerkers toegang tot doktorale studies, wat die kandidaatpoel vir leierskap in gesondheid vergroot.

Doen aansoek hier vir 2022.

 

Vir verdere inligting, kontak Prof Lanthé Kruger