FLAGH

 

FLAGH (Plaasarbeid en Algemene Gesondheid)

 

LIFEPLAN®

Die in-diepte navorsing van die multidissiplinêre groep binne die FLAGH-program (2003-2007) was gemik daarop om ’n begrip te kry van die onderliggende oorsake van die probleme wat op plase ervaar word. Kundige navorsers van die multidissiplinêre span het die resultate van die navorsing binne ’n transdissiplinêre konteks in ’n produk omskep: LIFEPLAN®

LIFEPLAN® is ’n selfbemagtigingsinstrument vir mense wat die geleentheid wil aangryp om toegerus te word, opgelei te word en ontwikkel te word sodat hulle vaardig, self-onderhoudend, onafhanklik en hardwerkend kan wees.

Na die voltooiing van LIFEPLAN® is deelnemers trots op hulle persoonlike vermoëns, nuwe vaardighede, potensiaal, ervaring en die proses van samewerking.

 

Holding Hands

Die “Holding Hands”-projek is ’n inisiatief van die FLAGH (Farm Labour And General Health)-program binne AUTHeR. Die projek gebruik kunsvlyt om vroue in staat te stel om inkomste-genererende gemeenskapsprojekte in landelike gemeenskappe te begin. Hierdie vaardighede help hulle om ’n inkomste te verdien en om hulle voedselsekuriteitstatus te verbeter.

Daar is tans vier aktiewe inkomste-genererende gemeenskapsprojekte wat deel vorm van die “Holding Hands”-projek, twee tussen Potchefstroom en Ventersdorp, en twee in Jan Kempdorp.

Volhoubaarheid word verseker deur die oordrag van vaardighede. Die projek het geweldig gegroei oor die laaste tien jaar, van ’n klein inkomste-genererende projek tot ’n besigheid wat ’n aantal gereelde kliënte diens, met ’n uitgebreide reeks produkte.

Die inkomste wat die vroue verdien het ’n baie definitiewe en positiewe effek op hulle daaglikse lewens en op die van hulle gesinne, maar bowenal het dit ’n groot invloed op hulle selfbeeld en selfwaarde.          

 

Vir verdere inligting kontak asseblief vir Me Christi Niesing of FLAGH web