Navorsing in Gesondheidswetenskap-opvoeding
Navorsing in Gesondheidswetenskapopvoeding aan die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is besig om momentum te kry. ʼn Aantal dosente van die fakulteit ontvang befondsing uit die onderrig-en-leertoekennings wat beskikbaar gestel is deur die Viserektor: Onderrig en Leer, en is aktief besig met navorsing oor onderrig en leer binne die gesondheidswetenskappe en hoëronderwysomgewing. Daar is ʼn toename in navorsingsuitsette in die vorm van konferensievoordragte en publikasies oor gesondheidswetenskapopvoeding.
Dosente word voorts ondersteun ten opsigte van innoverende onderrig deur middel van werkswinkels en individuele konsultasies. Die fakulteit is ook besig met ʼn beplanningsproses vir die implementering van interprofessionele onderwys (IPO) as deel van studente se gesondheidsberoep-opleiding in gesondheids-wetenskapopvoeding.
Vir meer inligting oor navorsing in gesondheidswetenskap-opvoeding, kontak Dr Gerda Reitsma.