Ons benadering tot gemeenskapsbetrokkenheid

 

Gemeenskapsbetrokkenheid by AUTHeR beskryf die samewerking tussen vennote binne AUTHeR en die breër gemeenskap vir ʼn gemeenskaplik voordelige uitruil van kennis en hulpbronne binne die konteks van vennootskap en wederkerigheid ten einde uiteindelike sosiale geregtigheid te laat geskied.

Die volgende kernwaardes vorm die grondslag van ons samewerking:

  • Vennootskap en wedersydse verhouding.
  • Gemeenskaplike doelwitte.
  • Aanspreek van ʼn gemeenskapsgeïdentifiseerde behoefte.
  • Betrokkenheid by ʼn intellektuele aktiwiteit wat belangrik is.
  • Wederkerigheid.
  • Versterking van die gemeenskap se kapasiteit.
  • Versterking van studente se leer of navorsingstudies.
     

Vir verdere inligting kontak Dr Christi Niesing.