PURE (Prospective Urban Rural Epidemiology) Studie

 

Daar was merkbare verandering in die voorkoms van nie-oordraagbare siektes (NOS) soos oorgewig, diabetes en kardiovaskulêre siektes (KVS) oor die laaste paar jaar in beide die ontwikkelde en die ontwikkelende wêreld. Die epidemie van kroniese NOS is egter besig om te skuif van ontwikkelde lande na ontwikkelende lande. Na verwagting sal 80 % van die kardiovaskulêre siektes wêreldwyd teen 2020 in lae- en middel-inkomste lande voorkom. Die toename in KVS kan gedeeltelik toegeskryf word aan die toename in ouer volwassenes, maar dit word ook beïnvloed deur wyer samelewingsfaktore soos verstedeliking en industrialisasie, wat werkstrukture, fisiese insette en ander aktiwiteite, dieet en psigososiale stressors beïnvloed. Saam het al hierdie veranderinge ’n groot impak op risikofaktore.

Die PURE-studie (Prospective Urban and Rural Epidemiology) is ’n grootskaalse, internasionale epidemiologiese studie wat ontwerp is om faktore op die gemeenskapsvlak (landelik-stedelike verskille, beboude omgewing, die beleidsomgewing en industrialisasie), die huishoudingvlak (gesinstruktuur, inkomste, behuising, etc.) en die individuele vlak (lewensstylveranderinge, genetiese merkers, psigologie) wat lei tot oorgewig, die nege risikofaktore vir KVS (wat saam 90 % van die wêreldwye las voorspel), en uiteindelik diabetes en KVS, te identifiseer.

Daar is tans 25 lande van oor die wêreld betrokke by hierdie navorsingsprogram wat bestuur word deur Prof Salim Yusuf (Population Health Research Institute, Hamilton, CA). Suid-Afrika het 4 deelnemende sentrums: Een stedelike en een landelike studiesentrum in die Noordwesprovinsie, een stedelike studiesentrum in Langa, Weskaap, en een landelike studiesentrum in Mount Frere in die Ooskaap.

 

Navorsers van die Noordwes-Universiteit wat tans betrokke is by die PURE-SA-studie sluit in:

 

Affiliasie

Verantwoordelike Navorser(s)

Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR)

Dr Lanthe Kruger (Hoofnavorser)

Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART)

Prof Alta Schutte (Senior Navorser)

Prof Carla Fourie

Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding (CEN)

Prof Salome Kruger

Prof Marlien Pieters

Prof Marius Smuts

Mrs Tertia Van Zyl

Positiewe Sielkunde (FORT)

Prof Marie Wissing

Dr Lusilda Schutte

Bewegingskunde, Sport en Rekreasie (PhASRec)

Prof Hanlie Moss

Medisyneverbruik in Suid-Afrika (MUSA)

Prof Martie Lubbe

Farmasiepraktyk

Mrs Elzabe Bekker

 

For any additional information please contact, Dr Lanthé Kruger.