Social Greenhouse™

 

Die Social Greenhouse™ is ʼn sosiale innovasie koppelvlak wat die aanneem van innoverende oplossings binne gemeenskappe bevorder. Met meer as ʼn dekade se ervaring in gemeenskapsbetrokkenheid en inkomstegenererende gemeenskapsgebaseerde projekte, kan AUTHeR nou ʼn ryk bron van beste praktyke in gemeenskapsgeïntegreerde navorsing daarstel. Die Social Greenhouse™ is gebaseer op die raamwerk van volhoubare bestaan en ingebed in die beginsels van volhoubaarheid en kan daarom innovasie gebruik vir verbeterde implementasie en aanname. Die ervare navorsers en projekbestuurders binne AUTHeR dra by sodat die Social Greenhouse™ innoverende oplossings kan verryk met kennis oor bewese beste praktyk. Die Social Greenhouse™ bied vyf groepe sosiale innovasie na aanleiding van streng metodologie, aangebied deur ervare navorsers en projekbestuurders.

Lees meer.

Vir verdere inligting kontak Dr Christi Niesing.