Volhoubare Gemeenskapsontwikkeling en -betrokkenheid

 

Oorsig

Daadwerklike volhoubare gemeenskapsontwikkeling kan slegs realiseer indien die gemeenskappe volle vennote en drywers van ontwikkelingsprosesse word en nie blote ontvangers of deelnemers bly nie. ’n Onder-na-bo benadering behoort te fokus op die daarstel van geloofwaardige konsultasieprosesse en op die uitbou van kapasiteit sodat daar ontwikkeling is tot by die implementasie van ’n projek. Gemeenskapskonsultasie behoort deel te vorm van die ontwerpfase van ’n intervensie deurdat bestaande sosiale netwerke deurlopend gebruik word. Aktiwiteite moet so uitgesoek word dat gemeenskapslede aktiewe deelnemers is. Die ontwerp moet insette van belanghebbers insluit, met ’n fokus op volhoubare ontwikkeling as die einddoel in plaas van blote gemeenskapsdeelname. ’n Strategie soos deelnemende aksienavorsing laat ruimte om plaaslike belanghebbers in te sluit vanaf die ontwikkeling tot by die uitvoer van ’n projek, met insluiting van monitering- en evaluasieprosesse.

 

Die span

Dr Christi Niesing – Leier van die navorsingsarea

Mnr Kumbewe Liwewe – Projekassistent

 

Huidige navorsingsprojekte

Social Greenhouse™: Met die betrokkenheid van ervare navorsers en projekbestuurders binne AUTHeR, kan die Social Greenhouse™ innoverende oplossings daarstel wat ondersteun word deur bewese beste praktyke. Die Social Greenhouse™ bied vyf groepe sosiale innoverings gebaseer op streng metodologie en aangebied deur ervare navorsers en projekbestuurders.

LIFEPLAN®: Die LIFEPLAN®-program spreek armoede onder die mees weerlose groepe aan deur menslike ontwikkeling en opleiding in lewensvaardighede om sodoende hierdie groepe se welstand met betrekking tot gesondheid, voeding en keuse te verbeter. LIFEPLAN® is gebaseer op die interafhanklike verhoudinge, met insluiting van intrapersoonlike en interpersoonlike verhoudinge en die verhoudinge tussen huishoudings, gemeenskappe en samelewings. Huidige navorsing sluit die ontwikkeling van gereedskapstel vir self-assessering in om deelnemers in staat te stel om persoonlike groei aan te teken deur die loop van hulle persoonlike ontwikkelingsreis.

WIN platform: Die WIN platform is ʼn sambreelprojek, met ʼn sterk klem op die vestiging van intersektorale vennootskappe om landelike gesondheid en welstand op ʼn holistiese wyse te verbeter. Die projek het egter die afgelope paar jaar gegroei, met ander fakulteite van die NWU wat by die gesondheidswetenskappe dissiplines aangesluit het om hulpbron-arm gemeenskappe te bemagtig en te verbeter deur intersektorale vennootskappe. Studente kry ook hierdeur die geleentheid om voorberei te word vir hulle beroepe, deur werksgeïntegreerde leer en gemeenskapsbevoordelende werkswinkels, opleidingsgeleenthede en intervensies. (Vir verdere inligting kontak Dr Nicole Claasen)

 

Studeer by ons

Wanneer u inskryf vir ons MHSc in Transdissiplinêre Gesondheidsbevordering of vir ’n PhD in Transdissiplinêre Gesondheidswetenskappe, sal u in staat gestel word om u visier te stel op volhoubare gemeenskapsontwikkeling. Daar is ’n verskeidenheid navorsingsonderwerpe om van te kies, of ons kan u ondersteun om u eie idees tot uitvoer te bring.

 

Addisionele hulbronne & -skakels (Klik hier)

 

Vir verdere inligting kontak Dr Christi Niesing.