Farmakologie

 

Farmakologie kan gedefinieer word as die studie van die effekte van geneesmiddels op die funksie van lewende stelsels. Geneesmiddels kan sintetiese chemiese verbindings wees, of afkomstig van plant-of dieremateriaal of die produk wees van genetiese ingenieurswese. Verbindings soos insulien of tiroksien is endogene hormone, maar kan ook as geneesmiddels optree indien dit as sodanig toegedien word.

Die doel van Farmakologie is om te verstaan wat geneesmiddels aan lewende organismes doen en dan in die besonder: hoe hierdie effekte terapeuties aangewend kan word.