Tuis

Die aptekersberoep is ’n dinamiese, informasiegedrewe, pasiëntgeoriënteerde professie wat  verantwoordelikheid aanvaar vir medisyne in al sy fasette deur op te tree as:

  • Toesighouer van medisyne;
  • Formuleerder, vervaardiger, verspreider en kontroleur van veilige, effektiewe en kwaliteit medisyne;
  • Adviseur oor die veilige, rasionele en toepaslike gebruik van medisyne;
  • Voorsiener van essensiële kliniese dienste, insluitende siftingstoetse en verwysingsdienste;
  • Verskaffer van gesondheidsorg-opvoeding en inligting;
  • Voorsiener van farmaseutiese sorg deur verantwoordelikheid te aanvaar vir die uitkoms van terapie en deur aktief betrokke te wees by die ontwerp, implementering en monitering van farmaseutiese sorg planne; en
  • Voorsiener van koste-effektiewe en doeltreffende farmaseutiesedienste.

 

Neem 'n virtuele toer om ons kursusse te verken en maak seker dat u al u opsies ken!