Farmasiepraktyk

 

Farmasiepraktyk se modules is sodanig gekies en ontwikkel om die voorgraadse aptekerstudent se kennis te verbreed, houding en vaardighede te ontwikkel wat van toepassing is op die praktyk van die apteker as bestuurder en kommunikeerder.

Die toepassing is generies en gemik op die totale praktykbestek van die apteker wat wissel van kleinhandelsapteker, hospitaalapteke, vervaardiging van medikasie, mediesefondse en nog baie meer.