
PhD in Transdissiplinêre Gesondheidswetenskappe, M.Soc.Sc; B.Psig (Voorligtingsielkunde)
My navorsing ondersoek sterkte-gebaseerde benaderings tot die bevordering van welsyn onder gemarginaliseerde bevolkings, insluitend gay, biseksuele en ander mans wat seks het met mans (GBMSM). Ek verken hoe positiewe sielkunde binne die Afrika-konteks toegepas en herdink kan word om veerkragtigheid en selfhandhawing te beklemtoon. Ek stel ook belang in navorsing wat fokus op die versterking van leierskap in gesondheid stelsels, om sodoende gesondheidsorg omgewings meer responsief te maak. Sentraal tot my werk is die integrasie van kwalitatiewe ontwerpe, transdissiplinêre benaderings, en gemeenskap-geïntegreerde navorsing. My doel is om kontekstueel-gegronde en mede-geskepte kennis te genereer wat persoonlike welstand en sistemiese transformasie tot gevolg het.