Navorsing

 

PROGRAMME

Fisieke aktiwiteit

Die fokus van hierdie program is op die totale fisieke ontwikkeling van die mens ten opsigte van beweging oor die lewenspan. Navorsing wat in hierdie program uitgevoer word, fokus op die voorkoming en behandeling van risiko faktore vir nie-oordraagbare siektes (NCD’s) as gevolg van leefstyl van die vroeë jare tot by bejaardes. Hierdie program doen navorsing oor alle temas wat betrekking het op die meting en verbetering van, en verwante faktore wat fisieke aktiwiteit in die Suid-Afrikaanse konteks beïnvloed. Die programleier is Dr Mark Kramer.

 

Sportwetenskap

Navorsing in hierdie program fokus op die identifikasie, ontwikkeling en optimalisering van die prestasie van talentvolle kinders regdeur tot elite individue of deelnemers aan spansport. In die strewe na optimale prestasie word daar gekyk na die voorkoming en behandeling van beserings, asook na konsepte soos sportsielkunde, bewegingsontleding, prestasie-aanwysers en kondisioneringsmetodes. Die programleier is Dr Retief Broodryk.

 

Rekreasiekunde

Die fokus van navorsing binne die rekreasieprogram is die holistiese rol van rekreasie ten opsigte van die verbetering van algehele gesondheid, lewensgehalte en vryetydspandering. Navorsingsonderwerpe sluit in die bestuur van ontspanningsgeriewe, ontspanningsprogramme, terapeutiese rekreasie en intervensies by risikogroepe en dié met spesiale behoeftes.  Die programleier is Dr Cindy Kriel.