Facing Race Week

Die oog is die tweede mees komplekse orgaan (ná die brein) met meer as 2 miljoen werkende dele. Een van die eerste dinge wat mens van iemand anders oplet, is sy of haar oë. Nog voordat enige woorde geuiter word, kan kommunikasie reeds plaasvind deur die oë van mense wat na mekaar kyk. Die oogspiere is die vinnigste spiere in die menslike liggaam – dit is waar die gesegde “dit het in ʼn oogwink gebeur” vandaan kom. Met sulke unieke eienskappe staan oë sentraal in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se aktiwiteite met betrekking tot Facing Race 2020. Aangesien 80% van wat ons leer deur die oë is, wil ons die kwessie van ras onder die loep neem.

Ons sentrale tema is:  Verbeter jou visie, waardeer diversiteit.

In mediese terme het mense wat aan miopie (bysiendheid) ly langer oogballe as normaal, terwyl mense met hiperopie (versiendheid) korter as gemiddelde oogballe het. Beide toestande tas visie aan en verg lense wat die posisie van die fokuspunt aanpas om normale visie moontlik te maak.

Hoe kan ons gesigsdefekte en oogsiektes in verband bring met die manier waarop ons ras beskou?

In mediese terme het mense wat aan miopie (bysiendheid) ly langer oogballe as normaal, terwyl mense met hiperopie (versiendheid) korter as gemiddelde oogballe het. Beide toestande tas visie aan en verg lense wat die posisie van die fokuspunt aanpas om normale visie moontlik te maak.
Hoe kan ons gesigsdefekte en oogsiektes in verband bring met die manier waarop ons ras beskou?

Miopie {metafories vertolk) kan die vraag laat ontstaan: steur ons ons net aan mense in ons onmiddellike omgewing? Of ly ons aan hiperopie, en is ons net begaan oor mense in verafgeleë gemeenskappe?

Gloukoom is ʼn oogversteuring waar die opbou van druk binne die oogbal uiteindelik die oogsenuwee kan beskadig – dit kan selfs tot blindheid lei. Is dit so dat die druk van konflik wat aspekte van ras kan insluit, ons visie versteur? Soos wat ons veroordelende menings oor mense vorm, ontstaan katarakte oor verloop van tyd. Die resultaat is blindheid, op welke punt ons nie langer diversiteit kan waardeer nie. Ons kan ons oë irriteer (soortgelyk aan die toestand ‘konjunktivitis’) deur alles te glo wat ons sien en lees. Die oplossing is om inligting te verifieer voordat jy daarop reageer.

Laastens, ondersteun ons tema: Verbeter jou visie, waardeer diversiteit, deur ons belofteballe te onderteken!


Belangrike datums:

  • 30 & 31 March 2020   09:00 – 15:00    Vanderbijlparkkampus (Studentesentrum)
  • 1 & 2 April 2020          09:00 – 15:00    Potchefstroom Campus (Lovers Lane)
  • 2 & 3 April 2020          09:00 – 15:00    Mahikeng Campus (Studentesentrum)

 

Sien ander Facing Race Week-inisiatiewe by die NWU